News

Dier oor muur was toe ’n jakkals

Die dier wat geslag en oor ’n muur van ’n erf gehang is, was toe ’n jakkals.

Inwoners van Pullenshope was omgekrap, toe die karkas van die dier oor ’n muur gehang is ten aanskoue van kinders. Daar is bespiegel dat dit ’n kat of ’n hond kon wees.

Vir dr. Leon Connoway (veearts, Kanonkop Dierekliniek) het dit gelyk soos ’n muishond. Nuwe foto’s wat vir www.mobserver.co.za gestuur is, met die dier se vel wat oor ’n wasgoedlyn hang, kan ’n mens sien dit is ’n jakkals.

Lees ook: Hond verdwyn – kopkrap met karkas oor muur

•Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg Dierebeskermingsvereniging) het gesê dat die dierebeskermingswet voorsiening maak dat ’n dier soos ’n hond in ’n erf geslag mag word, maar dat dit nie verkoop mag word nie.

“As ons nie wreedheid kan bewys nie, kan ons niks doen nie. Die vraag is hoe die dier doodgemaak is.”

•Na aanleiding van die pienk kleur van die karkas, lyk dit, volgens dr. Connoway, nie of die dier wreed doodgemaak is deur hom byvoorbeeld te wurg nie, anders sou die vleis donkerder gewees het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button