News

Dier oor muur was toe ’n jakkals

Die dier wat geslag en oor ’n muur van ’n erf gehang is, was toe ’n jakkals.

Inwoners van Pullenshope was omgekrap, toe die karkas van die dier oor ’n muur gehang is ten aanskoue van kinders. Daar is bespiegel dat dit ’n kat of ’n hond kon wees.

Vir dr. Leon Connoway (veearts, Kanonkop Dierekliniek) het dit gelyk soos ’n muishond. Nuwe foto’s wat vir www.mobserver.co.za gestuur is, met die dier se vel wat oor ’n wasgoedlyn hang, kan ’n mens sien dit is ’n jakkals.

Lees ook: Hond verdwyn – kopkrap met karkas oor muur

•Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg Dierebeskermingsvereniging) het gesê dat die dierebeskermingswet voorsiening maak dat ’n dier soos ’n hond in ’n erf geslag mag word, maar dat dit nie verkoop mag word nie.

“As ons nie wreedheid kan bewys nie, kan ons niks doen nie. Die vraag is hoe die dier doodgemaak is.”

•Na aanleiding van die pienk kleur van die karkas, lyk dit, volgens dr. Connoway, nie of die dier wreed doodgemaak is deur hom byvoorbeeld te wurg nie, anders sou die vleis donkerder gewees het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button