News

Eon en sy ma nog in hospitaal

Baba Eon Maree, drie maande, sal kan huistoe gaan, wanneer hy sonder suurstof kan klaarkom.

Op die Facebookblad, Middelburg Covid Pasiënte, is daar laat verlede week gevra dat daar gebid moet word vir baba Eon, wat in die Trichardt Mediclinic opgeneem is.

Sy ma, Jeanine, is Donderdag saam met hom opgeneem om haar seuntjie te ondersteun. Buiten Eon wat erg gehoes het, was me. Maree self ook baie siek oor die naweek en het kort kort ’n baie hoë koors gehad.

Elon met ’n beertjie wat die inwoners van die ouetehuis op Standerton vir elkeen van die kinders in die hospitaal gemaak het.

Sy het vanoggend gesê dat sy bietjie beter voel en dat Eon kan huistoe gaan, as hy vir 24 uur sonder die suurstofmasjien sal kan klaarkom.

“Hulle het gister en vanoggend probeer, maar hy kom nog nie reg nie.”

•Me. Maree se man, Hein, en dogtertjie, Chanine, veg tuis teen die virus. “Hein voel nog sleg.”

•Chanine was in Desembermaand vir etlike dae in dié hospitaal behandel toe sy ook ernstig siek was weens die Covid-19 virus.

•Me. Maree het Vrydag gehoor dat nog drie babas in die hospitaal deur die dag opgeneem is weens die virus. Aldrie is gelukkig reeds ontslaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button