News

Eon lag oopmond van vreugde want hy gaan huistoe

Eon Maree, die driemaande oue baba wat die afgelope week vir komplikasies van die Covid-19 virus in die Trichardt Mediclinic behandel word, gaan huistoe!

“Wat ’n verjaardaggeskenk!” het sy ma, Jeanine, vanoggend vir www.mobserver.co.za gesê.

Die baba was baie siek verlede week en lesers was baie besorg oor die knapie se welstand nadat sy ma ’n video beskikbaar gestel het. Vanoggend se video lyk heel anders, want klein Eon lag oopmond vir sy ma om te wys hy voel beter en is net so bly saam met haar dat hulle kan huistoe gaan.

•Die familie bedank graag elke persoon wat in hierdie tyd vir Eon en ook vir hulle gebid het.

•Me. Maree, asook haar man, Hein, en hul dogtertjie, Chamine, was almal siek die afgelope twee weke met die virus. Chamine het in Desember ook die virus gehad en was vir 10 dae in die hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button