News

“Huiskopers” besteel vrou

Diewe wat gemaak het of hulle belangstel in ’n huis wat in die mark is, het ’n vrou in Oosstraat besteel.

Dit is duidelik dat die skelms goeie inligting gehad het, omdat hulle bewus was dat die eienaar van die huis ’n gastehuis bestuur en ook hoe laat sy gewoonlik huistoe kom. Daar was ook ’n ‘Te Koop’-bordjie voor die huis geplant.

Die diewe het aan die huishulp gesê dat hulle nou net van die gastehuis af kom en dat Lenie Grobler gesê het dat hulle gou na die huis kan kyk voor sy huistoe kom. Dit het die huishulp niksvermoedend die hek laat oopmaak en die mense toegang gegee.

Me. Grobler bly saam met haar dogter en skoonseun, wat tans met vakansie is. Soos blits het hul deur die huis gestap, foto’s van die hele huis geneem en waardevolle items bymekaar gemaak, sonder dat die huishulp iets agtergekom het. Hulle is vort met juwele, ’n skootrekenaar en twee selfone.

Me. Grobler sê dat sy geen idee het hoe die mense so baie van haar geweet het nie en ook nie hoe hulle geweet het waar om vir waardevolle items, soos haar skoonseun se selfoon wat hy in Zambië gebruik, te soek nie.

Die videomateriaal van die motor is nie duidelik nie, behalwe dat dit wit van kleur is en ’n Limpopo nommerplaat gehad het.

Daar is bespiegel dat dit dalk ’n Datsun Go of Suzuki Swift kan wees. Daar is ’n kriminele klag by die polisie geopen. Die slagoffer het intussen die bordjie voor haar huis verwyder.

Ander huiseienaars word gemaan om versigtig te wees om nie op soortgelyke manier besteel te word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button