News

VIDEO: Ma huil op polisiestasie se stoep na ‘onregmatige arestasie’

’n Inwoner oorweeg regskasie teen die munisipale verkeersdepartement nadat hy Sondag gearresteer is.

Mnr. Bennie Heyns is ’n paar uur lank toegesluit, voordat hy op borg van R500 vrygelaat is, op bevel dat hy Maandag in die hof moet verskyn.

Mnr. Heyns het agter sy ma, Engela, in Cowen Ntulistraat gery, waar hulle wegneemetes by Uncle George’s wou koop. Hulle het egter ’n padblokkade genader waar verkeersmanne skielik op Engela begin skree en skel het.

Mnr. Heyns het die verkeersmanne gevra om nie so met sy ma te praat nie, waarna hulle hul aandag op hom gevestig het.

Hy is beveel om uit sy bakkie te klim, maar omdat hy niks gedoen het nie, wou hy weet waarom hulle hom teiken. Die verkeersmanne het toenemend aggressief geraak met mnr. Heyns wat kort hierna in hegtenis geneem is.

Hy is polisiestasie toe geneem waar sy hele gesin later opgedaag het.

Die familie sê dat hulle bloot deur polisiemanne geïgnoreer is tydens navrae oor die klagtes waarop mnr. Heyns gearresteer is.

Hulle het regshulp ingewin en mnr. Heyns is ure na sy arrestasie vrygelaat op R500 borg. Die borgkwitansie is uitgereik met “versuim om op ’n wetstoepasser se opdrag te reageer” as hoofklag.

Mnr. Heyns het Maandag vlugtig in die hof verskyn, waar die saak uitgestel is tot 23 September.

Engela het tranerig op die trappe van die polisietsasie vertel dat hy nie gedrink het nie, en bloot vir haar “opgestaan het” toe sy deur die verkeersmanne gekonfronteer is oor haar flikkerlig wat afgegaan het toe sy regs wou draai na die kafee.

’n Video wat deur ’n passasier in mnr. Heyns se bakkie geneem is van die konfrontasie, wys duidelik hoe agressief die verkeersmanne met mnr. Heyns was.

“Dit is bloot magsvertoon en heeltemal onnodig, ons sal die saak in die hof beveg,” het Engela huilend aan www.mobserver.co.za gesê.

Die munisipaliteit sê dat dit die familie se reg is om klagtes teen die betrokke verkeersmanne by die munisipaliteit in te dien vir ondersoek. Mnr. Heyns oorweeg tans sy opsies in konsultasie met ’n prokureur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button