News

‘Mamma-hart’ sê vir vrou haar kind is siek

’n Vrou sê haar ‘mamma-hart’ het haar gewaarsku dat daar iets groot fout is met haar babadogtertjie.

Klein Lizca Lundie (drie en ’n half maande oud) is gisteraand saam met haar ma, Lucretia, in die Cintocare Hospitaal in Menlyn Maine opgeneem.

Me. Lundie sê sy is Facebook vriende met me. Jeanine Maree, wie se drie maande oue baba, Eon, die hele week in die Trichardt Mediclinic vir die Covid 19-virus behandel is. Hy is gister ontslaan.

Sy het vir me. Maree boodskappe gestuur en haar uitgevra, omdat sy bekommerd was oor Lizca se simptome. Me. Lundie (wat in Pretoria Oos bly) sê sy is al Sondag met baba dokter toe, maar is gesê dat baba ’n lugweginfeksie het.

Daar word gebede gevra vir Lizca Lundie wat in die hospitaal opgeneem is.

Sy het egter bekommerd geraak toe die Angel monitor afgaan nadat Lizka gehoes en stil geraak het. Sy het baba vinnig opgetel, maar besef daar is groot fout. Daarna het Lizca kort-kort gestik.

Gister is sy weer dokter toe en het hulle baba opgeneem.

Daar is laat gisteraand vir hulle gesê dat Lizca positief vir Covid-19 getoets het.

Me. Lundie sê sy het die virus sowat twee weke gelede gehad, maar haar man, Jaco, het negatief getoets. Hy het saam met haar tuis isoleer.

Sy het gevra dat almal saam het hulle vir spoedige beterskap vir Lizca sal bid.

•Eon se ma het op die Middelburg Covid Pasiënte Facebookblad vertel van Lizca wat in die hospitaal opgeneem is.

Back to top button