VIDEO: Bruidegom met verfballe geskiet terwyl man wegstap om renosterkoei en kalf te gaan voer
Mnr. Herbst is tans steeds in die Life Eugene Marais Hospitaal in Pretoria.

’n Video het intussen aan die lig gekom wat wys hoe mnr. Christo Herbst, wat twee weke gelede in ’n konfrontasie met ’n renoster op Ubhetyan o Africa beseer is, weg stap van sy groep vriende om die renosterkoei en haar kalf gras te gaan voer.
Mnr. Herbst stap na die renosters terwyl die bruidegom met verfbalgewere geskiet word deur ander lede van die geselskap.
Die beelmateriaal wys egter nie hoe die renoster mnr. Herbst gaffel nadat hy sy een hand agter sy rug uitgehaal het om die koei te vryf nie.
In sy ander hand was ’n bol gras waarmee hy die renoster probeer voer het, voordat sy hom een maal met haar horing die lug ingeskiet het.
Mnr. Herbst het sy enkel lelik beseer tydens die landingslag.
Hy en ’n groot groep ander gaste was op die wildsplaas om ’n familielid se rampartytjie te vier.
Op die video kan gesien word hoe die bruidegom teen ’n stellasie vasgemaak staan terwyl verfballe hom tref.
Hy was vasgebind in die area waar gaste nie sonder gidse toegelaat word nie.
Die bruidegom was net ’n klipgooi van waar die renosterkoei en haar kalf gewoonlik gevoer word.
Mnr. Herbst is tans steeds in die Life Eugene Marais Hospitaal in Pretoria.
