VIDEO: Verkeersman raak stamperig oor luide musiek by Midwater promosiedag
’n Loslit promosiedag deur Procom is deur ’n verkeersman bederf.

Mnr. Tiaan de Beer het reeds regshulp ingewin, nadat hy deur die verkeersman gestamp is toe hy wou verduidelik dat die Midwater-sentrum toestemming vir die verrigtinge gegee het.
Selfs DA raadslid Hennie Niemann het probeer veruidelik dat die parkeerterrein waar die promosie gehou is, privaatgrond is, en munisipale toestemming vir die verrigtinge dus nie nodig was nie, maar die verkeersman, ’n ene “Nkosi,” wou niks weet nie.
“Nkosi” het gedreig om die musiektoerusting te konfiskeer nadat hy ook ingelig is dat die omroeper Icasa gelisensieerd is om in die openbaar musiek te maak tydens promosies.
Nadat ongeveer tien ander verkeersmanne se hulp ingeroep is, het die uniformdraers later stert tussen die bene die pad gevat, waarna die direkteur van openbare veiligheid, mnr. Moses Mkabela, opgedaag het om gemoedere te kalmeer.