News

Kaptein tweede polisielid wat vandag geskiet is

Die Polisie se provinsiale mediakantoor het pas bevestig dat kaptein Johan Grobler vanmiddag gekaap is.

Luidens die verklaring is kaptein Grobler deur ‘n groep van drie verdagtes op eMalahleni geskiet voordat hulle hom gekaap en met ‘n mes gesteek het.

Hulle het met hom na ‘n afgesonderde gebied in die bosse naby Vosman gery, waar hulle hom as gyselaar aangehou het. Die kapers het hom beroof van sy privaat vuurwapen en ‘n onbekende bedrag kontant.

Kapt. Grobler kon daarin slaag om los te kom en weg te jaag, terwyl die verdagtes op hom losgebrand het. Hy het tot by die N4 gejaag waar hy hulp gekry en na die hospitaal geneem is vir behandeling.

Klagtes van poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.

Volgens die mediaverklaring is hy die tweede polisiebeampte wat vandag gewond is.

Op Masoyi naby Witrivier is ‘n 37 -jarige polisiesersant geskiet. Die sersant en sy kollega het aandag gegee aan ‘n klagte rakende ‘n rooftog waar ‘n wapen geroof is.

Hulle is na die area waar die verdagte weggekruip het, waarna die verdagte op die lede geskiet het. Die booswig het gevlug en die polisielid is hospitaal toe geneem vir mediese sorg.

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens in Mpumalanga, luitenant -generaal Semakaleng Manamela het opdrag gegee dat beide voorvalle intensief ondersoek moet word sodat die skuldiges vinnig vasgetrek kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button