News

Polisieman geskiet en met mes gesteek

'n Welbekende polisieman is vanmiddag in die been geskiet, met 'n mes in die rug gesteek en met 'n panga op die oor gekap.

Kaptein Johan Grobler (Duikpunt Bevelvoerder in die Nkangala Streek) word tans in die Cosmos Hospitaal behandel.

Na wat verneem word is sy toestand stabiel en is nie een van die beserings wat hy opgedoen het lewensbedreigend nie.

Daar word verneem dat hy omstreeks 15:00 op die N4 naby eMalahleni gekaap is en daar op hom toegesak is.

Volgens betroubare inligting het hy self uit die hospitaal uit laat weet dat hy net vir waarneming vir die nag in die hospitaal gehou word.

Daar sal vanaand X-strale geneem word om te bepaal waar die patroonpunt in sy been is.

Hy het klaarblyklik erg teen die aanvallers baklei, waarna hy geskiet en in die rug gesteek is. ‘n Diep sny op sy oor, waar hy met ‘n panga gekap is, is reeds met steke geheg.

Www.mobserver.co.za het nog nie met kapt. Grobler gepraat nie en die formele inligting is nog nie deur die polisie se mediakantoor bevestig nie.

Dit is egter ‘n feit dat hy wel in die Cosmos Hospitaal vir sy beserings behandel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button