Wildplaas loop deur onder boewe
’n Wildplaas eienaar is moedeloos nadat diewe verwoesting gesaai het in ’n poging om watertenks te steel.

Leon Smit van die plaas Zeekoeigat in die Loskopvallei sê dat daar in April twee watertenks by hom gesteel is. Met die huidige volmaan het diewe weer toegeslaan en gepoog om die nuwe tenks te vat.

Mnr. Smit sê dat hulle 20 000 liter water gedreineer het en die metaal kleppe en konneksies van die tenk af gesteel het. Hulle het die wildheining op verskeie plekke geknip en probeer om ’n watertenk en boorgatpomp te steel, maar kon nie daarin slaag nie.

“Hulle het duisende liter waardevolle water sommer net laat weg loop in die grond in en onnodige skade aan my heining aangerig. Gelukkig was hulle nie hierdie keer suksesvol nie,” sê mnr. Smit.
