News

Polisieman geopereer na hy in kaping geskiet is

Die polisieman wat Maandag in die been geskiet en in die rug gesteek is tydens ’n kaping, is gister geopereer.

Kapt. Johan Grobler (Duikpunt Bevelvoerder, Nkangala Streek) het teruggeveg teen die drie kapers in ’n bos naby Vosman en kon gelukkig wegkom en hulp ontbied.

Die koeëlpunt kon aanvanklik nie uit sy been verwyder word nie, omdat dit op ’n gevaarlike plek by ’n slagaar was. Dit het egter intussen geskuif en kon veilig verwyder word.

Lees ook: Polisieman wat gekaap is: ‘Ek voel soos Chuck Norris’

Hy word steeds in die Cosmos Hospitaal (eMalahleni) behandel.

•Buiten die skiet- en meswond, het hy ook blou merke op sy hande opgedoen in die geveg teen die kapers.

Een van hulle het hom ook met die platkant van ’n panga oor die kop probeer slaan, maar hy het sy kop gedraai en sy bril het die meeste impak van die hou gevat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button