News

Vrou in lewe en dood jaagtog om kapers te ontwyk

’n Middelburg inwoner is steeds angstig nadat sy byna op die N4 gekaap is.

Die vrou het versoek om anoniem gehou te word. Sy sê dat sy elke dag dieselfde roete van Middelburg na Hendrina ry, waar sy werk.

Verlede week Dinsdag het sy naby die Middelburg Mall brandstof ingegooi, voordat sy met Samora Machelstraat hoofweg toe gery het. Sy sê dat daar baie verkeer was.

In haar truspieëltjie het sy gesien hoe ’n silwer motor roekeloos by ander voertuie jaag maar het toe sig verloor van die motor. Kort nadat sy links gedraai het hoofweg toe, was die motor langs haar.

Lees ook: Man shot in stomach during Doornkop hijack

“Ek het gedink dat hy haastig op pad êrens heen was en het pad gegee sodat hy kan verby ry, maar toe probeer hy my van die pad af druk.”

Die vrou sê dat sy vinniger begin ry het, maar dat die motor haar talle male op haar passassiersdeur probeer stamp en tot op die middelman op die hoofweg probeer druk het.

“Die kar het ook voor my ingery en dan dood gestop.”

Sy sê dat sy nie vuurwapens kon sien nie, maar dat daar twee mans in die voertuig was, wat hul vensters afgedraai en woes vir haar beduie het. Sy het egter haar oë op die pad gehou.

Lees ook: Polisieman wat gekaap is: ‘Ek voel soos Chuck Norris’

Die vrou het kop gehou en toe die motor weer langs haar inry, al hoe vinniger gery. Toe hulle op ’n redelike hoë spoed was, het sy hard rem getrap en die motor het verby gejaag.

“Hy sou of moes reverse, of hy sou ’n u-draai moes maak om weer by my uit te kom,” sê sy.

Sy het toe met die Hendrina afrit op die brug omgedraai en huistoe gery. Die motor is as ’n klein silwer motor, moontlik ’n Datsun Go, met Gauteng nommerplate beskryf.

Lees ook: Good Samaritan hijacked at gunpoint

Lees ook: Man hijacked and left on roadside

Back to top button