News

Lugtydboef probeer sy geluk by dokters se spreekkamers

Die lugtydbedrieër het weer sy visier op Middelburgers. Hierdie keer teiken hy dokters se spreekkamers.

Me. Lydia Scott sê hy het vanogggend die Prime Cure Kliniek gebel en spesifiek gevra of dit die kliniek is. Hy het homself voorgestel as “Oom Kallie Viljoen van die plaas Vergelegen, 16km uit op die Stoffbergpad.”

“Oom Kallie” het gesê hy het te veel geslag en dat hulle binne ’n uur die vleis moet kom haal. In dieselfde asem het hy sommer sy voorneme uitgeblaker deur te sê dat wie ookal die vleis kom haal, net vir hom R200 lugtyd moet kry en oorbetaal.

Me. Scott het gesê hulle kan dit ongelukkig nie doen nie, waarop hy gesê het hy “sal met die tannie praat” en die foon neergeplak. Daarna was die foon af.

Volgens me. Scott se kennis is dit die tweede dokters spreekkamers wat hy die afgelope week probeer bedrieg uit lugtyd uit.

•Hierdie slenter word al vir jare gebruik om geld uit organisasies en besighede te maak. Die lugtydboef bestel baie keer iets of vra ’n sakeman om na sy plaas toe te kom. Hy beloof altyd dat hy vleis of biltong sal gee om dankie te sê of hy sê vir organisasies dat hy ’n skenking wil maak. As die persoon al op pad is, vra die “oom” gewoonlik vir lugtyd en sodra dit oorbetaal is, is sy foon af.

•Tydens ’n ondersoek ’n paar jaar terug deur National Crime Assist (NCA), is van die lugtydboewe se spoor tot by tronke gevolg. Hierdie boewe dien gewoonlik lewenslange vonnisse uit. Dit is egter duidelik dat hulle hulp van buite het om teikens te identifiseer.

Met sosiale media soos Facebook en WhatsApp groepe, is dit baie maklik om ook teikens te identifiseer. Lugtyd wat deur die slenter bekom word, word gebruik om handel te dryf in die tronk vir artikels soos sigarette of dwelms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button