News

Video en foto’s: Lofkleuters groet Amé met balonne en blomme in gietende reën

Dit was asof moeder aarde saam getreur het, toe familie en maatjies van Amé Janse van Rensburg (5) van haar afskeid geneem het, in gietende reën, tydens ’n seremonie by Lofkleuters.

Amé is Sondag in ’n ongeluk op die R555 (Ou Witbankpad) oorlede.

Haar maats en juffrouens by Lofkleuters het met blomme en balonne ’n laaste eerbetoon aan die merkwaardige jong dogtertjie gegee. Klein Amé se ouers, boetie, groot ouers, oumagrootjie en peetouers het die seremonie bygewoon.

Ouma Amor King word getroos.

Op ’n tafel, wat gekreun het onder die blomme, het ’n groot foto van Amé en ’n brandende kers gestaan.

Haar ouma, Edith Badenhorst, het met haar aankoms rooi bottelborselboom-blomme oor die tafel gestrooi en gesê dat sy van kleins af vreeslik lief was daarvoor.

Klein Flippie Janse van Rensburg.

Trane is hier en daar deur ’n glimlag onderbreek as ’n juffrou iets van Amé onthou het, soos toe sy op die fietsie-baan, vasgevang in haar eie wêreld, kliphard ‘Let it go’ van Frozen gestaan en gesing het.

Phillip, Flippie en Nadia Janse van Rensburg.

Terwyl balonne losgelaat is, het Amé se maatjies sag ‘Baai!’ agterna geroep en met klein handjies agter die balonne aan gewaai.

Die familie kyk na Amé se foto en blomme wat by Kleuterskool Lofkleuters vir haar uitgepak is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button