News

Cathy soek Mariska se bloed

Cathy Mitchell sê Mariska Heunis raak al vir twee jaar onwaarhede oor hulle kwyt en sy “wens Mariska vat ons hof toe.”

Mitchell sê Heunis hou aan om lasterlike aantygings op haar sosiale media platforms te maak en dat hulle beslis strafregtelike sake teen haar gaan open.

“Dit hou ernstige gevolge vir my personeel in by my skole. Mariska moet haar nou maar voorberei op groot siviele eise, nie net van my af nie, maar ook van my personeel en die ouers van kinders in my skool.”

Mitchell is 27 jaar in die onderwys en sê sy het nog nooit enige probleme by enige van haar skole gehad nie.

“Hoe durf sy sulke dinge sê! Ek verstaan nie hoekom sy dit doen nie! Sy maak bewerings wat geen bewyse het nie!” Sy het Heunis uitgedaag om hulle hof toe te vat, hetsy vir naamskending of enigiets anders.

“Want dan sal sy bewyse moet bring en sy sal nie kan nie.”

Mitchell sê hulle skrik nie meer vir Heunis se dreigemente of beskuldigings nie. “Sy kan sê wat sy wil en dreig net soos sy wil. Sy moet na die ‘partytjie’ toe kom en dan kan die volle waarheid mos seëvier. Sê vir Heunis haar advokaat kan ons advokaat kontak. Hierdie karakterskending van haar moet nou ophou.”

Mitchell glo dat “die mure nou besig is om op Heunis in te vou. Ons vra niks anders nie, as om hierdie vrou voor die gereg te bring en seker te maak dat sy betaal vir haar dade, om te verseker dat hierdie onvergeeflike dinge wat sy doen, nooit herhaal word nie.”

•Mitchell sê die “Wanted” plakkaat waaroor Heunis so omgekrap is, is saamgestel omdat “ons na haar soek vir ondervraging. “Daar word nêrens gesê daar is ’n lasbrief uit vir haar arrestasie nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button