News
‘Ontploffings’ voordat huis in brand verwoes word
’n Huis op die hoek van Buitekant- en O.R. Tambostraat het Dinsdagnag in vlamme opgegaan.

Volgens inwoners op die toneel kon hulle vroeër twee ontploffings hoor van hul huis, ’n paar blokke verder. Daar is verneem dat niemand tans in die huis gebly het nie.
Paramedici en brandweermanne van Columbus moes handbysit om die vuur te blus omdat die munisipale brandweer deur stakers verhoed word om uit te gaan na noodroepe.
Daar is ook verneem dat die brandweermanne wat na die toneel uitgekom het, deur Sektor 3 Noodroepradiogroep lede sowel as reaksieoffisiere van sekuriteitsmaatskappye vergesel moes word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
