News

Pasop vir ‘oom Kallie Viljoen’ se vleis

“Houvas my matras, De Vos is weer los” sing Robbie Wessels. Op Middelburg moet inwoners houvas, want die lugtyddiewe is weer los.

Talle besighede het www.mobserver.co.za in kennis gestel dat hulle deur ’n man wat homself Kallie Viljoen noem, gebel word met die belofte van gratis vleis.

Hy voer aan dat die Departement van Gesondheid op pad is na hom en dat hy sit met yskaste wat oorvol met vleis is. Hy moet dringend, binne die volgende halfuur, van ’n halwe skaap, halwe vark en bees agterkwart, ontslae raak, voor gesondheidsinspekteurs by hom opdaag.

Hy bly glo 28 km uit op die Stoffbergpad.

Een inwoner het voorgegee of hy belangstel en op pad is om te ry.

“Oom Kallie” het hom toe gevra of hy nie asseblief vir hom ’n R275 lugtydkoopbewys wil saambring nie. Die man het saamgespeel en gesê hy is op pad met die bewys. Dit is toe dat “oom Kallie” hom gevra het om solank die lugtydkode te stuur, sodat hy nog mense kan bel om vleis uit te deel.

Toe hy dit nie wou doen nie, was die oom baie ongeskik en het die foon neergeplak.

Een vrou sê dat die man al meer as 10 keer vanoggend na haar werkplek gebel en vir haar by naam gevra het.

“Oom Kallie” het verlede week dokters spreekkamers geteiken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button