News

Verkeer het gesteelde bakkie afgetrek

Die Toyota Hilux Legend 50 wat gister omstreeks 11:00 tussen die dokters se spreekkamers en Clubville Apteek in De Villierstraat gesteel is, is kort daarna deur ’n verkeersbeampte afgetrek.

Me. Rozanne Venter vertel dat hulle rondgery het nadat hul bakkie gesteel is en self afgetrek is deur ’n verkeersbeampte. Sy het hom gevra of hy nie dalk die gesteelde bakkie gesien het nie en hul besonderhede aan hom verskaf.

“Hy het my vyf minute later gebel en gesê dat sy kollega omstreeks 11:30 die bakkie afgetrek het in Bhime Damanestraat, waar die pad in Mhluzi ingaan. Die verkeersbeampte het hom gestop en hom daarop gewys dat die voorste nommerplaat af is. Nadat hy die bestuurder van die bakkie gewaarsku het, het hy hom laat gaan.”

Die registrasienommer is JP 13 ZL GP en me. Venter vra as enige persoon die bakkie opmerk, om haar te bel by 071 199 3827.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button