News

Man wat op video-oproepe masturbeer erken dis hy

’n Man wat vroue op WhatsApp gebel en dan nakend gemasturbeer het, het in die hof gebieg dat hy dit al vir agt jaar doen.

Nicholas van der Merwe is op 18 September in Gqerberha (Port Elizabeth) gearresteer nadat ’n privaat speurder en die polisie hande gevat en ’n grootskaalse soektog na hom geloods het.

Van der Merwe het verlede Donderdag in die hof skuld erken op 13 aanklagte. Hy sal in November gevonnis word.

Johan Botes, ’n privaat speurder uit Potchefstroom, het aan www.mobserver.co.za gesê dat hy reeds 25 vroue se verklarings afgeneem het. Hy was op pad na Middelburg om nog drie eiendomsagente hier se verklarings te kom neem. Daar is ook vermoedelik in Natal slagoffers wat nog nie opgespoor is nie. ’n Middelburgse eiendomsagent, wat versoek het dat haar naam weerhou word, het aan www.mobserver.co.za gesê, dat sy aan die begin van die jaar een oggend wakker geword het en gesien het dat sy ’n WhatsApp video-oproep gemis het.

“Dit is glad nie vreemd nie, want mense bel jou op die onmoontlikste tye, omdat jou nommer so wyd geadverteer word.”

Sy sê dat sy in die haarsalon was toe die man weer gebel het. Sy kon nie haar oë glo nie.

“Al wat ek onthou is hoe grillerig en smerig hy voorgekom het, asof hy lanklaas gebad het. Hy was sweterig en sy vingernaels was vuil,” vertel een van sy slagoffers.

Mnr. Botes kan op 082 227 9823 gekontak word indien daar nog persone met inligting oor die saak is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button