News
Luukse trein gaan by Stasiefees stop
Die luuksste trein in Afrika, Rovos Rail se “Pride of Africa”, gaan Saterdag by die “Oppie Stasie”-fees by die Middelburg Stasie te sien wees.
Feesorganiseerder, Johan Janse van Rensburg, sê die plan is dat die trein deur die loop van die dag (enige tyd tussen 09:00-12:00) vir ’n paar minute by die stasie stop op sy pad terug na Pretoria.

•Die trein het Saterdagaand om 21:40 stadig verby die Middelburg Stasie gery vanaf Pretoria na Nelspruit en Johan het op die stasie gestaan om vir almal in die trein te waai en ’n video van die verbyrit te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!