News

Reaksielede spoor motorfiets binne minute op

Reaksielede van Mid Alarms het vanoggend in die vroeë oggendure ’n motorfiets binne minute teruggevind vandat dit gesteel is.

Hulle het om 20:21 reageer op ’n noodsein in Droëbergstraat (Aerorand) nadat die familie se honde begin blaf en hulle deur die venster gesien het hoe die diewe met die BMW motorfiets die straat af verdwyn.

Reaksielid Douglas Urquhart was binne minute by die familie se huis en het vir sy kollegas Beneen Groenewald, Bennie Landman en Dolf Labuschagné gevra om die area te fynkam.

Beneen en Bennie het in Mandelastraat rondgeflits en Dolf het na die Mandelabrug gejaag, om te kyk of die diewe nie dalk daar in die omgewing met die motorfiets skuil nie.

’n Paar treë vanaf die Pongolastraat indraai, het Beneen omstreeks 02:32 iets sien blink tussen die lang gras en bome en het stadig in trurat teruggery om te kyk wat dit is. Hulle het weer in daardie rigting gelig en die motorfiets in die veld gekry.

Die motorfiets kort nadat dit in die veld gevind is.

•Buiten krapmerkies waar die motorfiets in die veld gelê het, het die diewe ook die stuurslot van die motorfiets gebreek. •Die boewe het toegang tot die erf gekry deur die hekmotor buite aksie te stel en die hek oop te skuif. Daarna het hulle die motorhuis oopforseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button