News

Wat de …watertenk?

’n Sterkloop boer kon sy oë nie glo, toe twee platbaklorries met ’n reuse watertenk gister op sy plaas opdaag, om by die huis van ’n plaasbewoner op te sit.

Die boer, wat versoek het om anoniem te bly, het dadelik navraag by die Emakhazeni Munisipaliteit in Belfast gedoen, omdat daar glad nie toestemming gevra is om die 250 000 liter tenk op sy plaas op te sit nie.

Hy sê dat die woning waar hulle die tenk wou opsit slegs oor ’n boorgat met ’n handpomp beskik, wat skaars ’n 100 liter ’n uur kan pomp.

Die watertenks word gewoonlik by woonbuurte opgesit. Daar was reeds ’n reuse konkruitblad gegooi met industriële boute waar die watertenk opgesit moes word.

Die twee platbaktrokke wat by ’n boer se plaas in die Sterkloop omgewing opgedaag het om water vir een plaasbewoner te gee.

Munisipale verteenwoordigers het onderneem om Donderdagoggend by hom te wees vir ’n vergadering om die watertenk te bespreek.

Die boer is vanoggend in kennis gestel dat die vergadering nie meer gaan plaasvind nie en dat die tenk verkeerdelik by hom opgedaag het. Dit gaan glo nou in Dullstroom staangemaak word.

Toe die boer hulle uitvra oor die duisende rande se sement en staal wat reeds gebruik is, het hulle gesê dat hulle die yster wat bo die grond uitsteek gaan afsny en die sement met grond bedek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button