News

Boer waarsku oor beeste op hoofweg

’n Ongeluk wat wag om te gebeur!

’n Boer wat beeste langs die N4 aanhou, sê dat dit gevaarlik vir sy diere en verbygaande motoriste is, omdat die grensdraad al vir maande plat lê.

Dolf Rossouw sê dat die grensdraad tussen sy plaas en die N4 hoofweg maande gelede in ’n brand beskadig is. Die vuur het begin toe ’n Eskom kragopwekker omgeslaan het.

Die grensdraad langs die hoofweg, se ysterpale is met houtpale vervang omdat ysterpale op ’n gereelde basis gesteel is.

Alhoewel die houtpale nie so baie gesteel word nie, is hulle egter nie soos die ysterpale vuurbestand nie. Hulle is tydens die vuur verbrand wat veroorsaak het dat die heining op die grond lê.

Mnr. Rossouw sê dat hy herhaaldelik probeer het om die probleem op te los met ’n verteenwoordiger van TRAC N4. Hy beweer dat hy ingelig is dat ’n kontrakteur nou verantwoordelik is vir die onderhoud van die grensdraad.

Die kontrakteur het glo die draad verseker en wag nou vir assuransiegeld om uit te betaal voordat hy dit kan herstel.

Intussen beland mnr. Rossouw se brahamane nou gereeld op die hoofweg. Saterdagnag is een van sy beeste deur ’n motor getref.

TRAC N4 se woordvoerder, Solange Soares, sê dat die heining deur TRAC vervang is volgens die kontakteur se kontrak.

Sy sê dat mnr. Rossouw reeds gister (Woensdag 13 Oktober) gekontak is en dat hy saam met TRAC se senior sektorbestuurder ooreengekom het dat die herstelwerk op die heining volgende week sal begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button