News

Miernes van bedrywighede voor Stasiefees open

Dit is tans ’n miernes van bedrywighede soos almal hul stalletjies gereed kry vir die ‘Oppie-Stasie’-fees wat 12:00 by die Middelburg Spoorwegstasie begin.

Van die hoogtepunte op die program vandag is die vertonings deur die ‘Baba Swaantjies” (14:00), The Ultimate Art Family (16:00) en Spotlight Dance Studio (17:00). Ruan Nel sing om 18:00 en Ruan Tennant se optrede is om 20:00. Saterdag kan almal uitsien na die wegspring van die Amazing Race (08:00), Spore Stories (09:00), ’n ou motorskou en ’n optrede van Will Jordan (13:00).

Die luuksste trein in Afrika, die Rovos Rail se “Pride of Africa” sal in sy verbyrit tussen 09:00 en 12:00 op die stasie stop.

Die amptelike opening van die netjiese skoon stasie is om 14:45 deur die burgemeester.

Ruan Tennant tree om 16:15 op, gevolg deur Irene-Louise van Dyk (19:00), waarna Ruan Tennant weer op die verhoog sal wees. Sondag om 08:00 is daar ’n erediens, ’n optrede deur Ruan Nel (09:00), die motorfietsskou om 12:00 en nog ’n optrede deur Ruan Tennant om 16:00. Die fees se hekke sluit om 19:00.

Die stalletjies sal sorg vir genoeg om te sien en eet en drinkgoed.

Toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders en pensioenarisse. Vir meer inligting bel Johan by 063 657 4876, Liezl by 084 990 5844 of Amor by 081 718 5407.

Www.mobserver.co.za het gaan inloer by die stasie terwyl almal besig was om hul stalletjies op te slaan vir die fees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button