Middelburg se mense span weer saam om die waterwa deur die drif te trek
Intussen sweet honderde kinders sake uit op die sportvelde vir provinsiale spanne by Kees Taljaard stadion waar die krane stof spoeg.

Boorgateienaars reg oor die dorp het nou tuinslange oor hul mure en heinings gegooi vir inwoners van veral Kanonkop en Dennesig, sommige van wie, al drie volle dae sonder water sit.
Matigheid word egter vesoek sodat almal in die geaffekteerde areas darem minstens toilette kan spoel, skottelgoed kan was, en hulself en hul troeteldiere te kan hidreer.
Inwoners wend hulle toenemend tot noodgroepe, veral die met babas, vir water.
Inwoners het dit nouself tot noodtoestand verklaar en die munisipaliteit het nog geen woord gerep oor gebeurlikheidsplanne nie.
Intussen sweet honderde kinders sake uit op die sportvelde vir provinsiale spanne by Kees Taljaard stadion waar die krane stof spoeg.
Munisipale bestuurder mnr. Bheki Khenisa het bevestig twee watertenks is op pad na Kanonkop vir die provinsiale uitdunne.
Die volgende adresse met boorgate is beskikbaar vir water vir noodgebruik:
- Harry Gwalastraat 16
- Dahliastraat 24
- Sipresweg 113
- Jakarandastraat 8
- Oribistraat 74
- Helen Josephstraat 107
- Buffellaan 8
- Vosstraat 27
