News
Man ernstig beseer in ongeluk op N4 naby Alzu afrit
'n Man het ernstige kopbeserings opgedoen in 'n ongeluk omstreeks 17:15 op die N4, naby die Alzu Petroport afrit.

Na wat verneem word het die bestuurder van die bakkie beheer verloor oor die voertuig en het dit gerol.

Groot pakke sout en ander kruideniersware, wat agterop die bakkie was, is die hele pad vol gestrooi, maar is vinnig opgeruim.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
