News

Reddingspanne het nooit na stapper in Drakensberge gaan soek nie

Daar is nooit amptelik begin met ’n soektog na Johann van Coller, die stapper wat die laaste op 18 Oktober by Witsieshoek gesien is nie.

“Gister is daar vir my gesê hy het in die aantekeningboek geskryf dat hy op pad is na Giants Castle en genoeg kos het vir twee weke. Hulle sien geen rede tot kommer nie! Lucky is ook gestop om hom te gaan soek!” het Johann se ma, Madelein de Villiers, moedeloos gesê.

Die kommer is duidelik in me. De Villiers se stem hoorbaar as sy vertel dat Johann kort voordat hy soontoe is, nog vir een van sy vriende gesê het “dat hulle die naweek saam sou basejumping gaan doen. Hy het hom nie eers gekontak om dit te kanselleer nie. Daar is baie redes hoekom hy al moes teruggekom het!”

Me. De Villiers sê dat selfs ervare persone in die bedryf haar gekontak het en gesê het dat hulle nie kan glo dat daar nie na Johann gesoek word nie.

“Wat as hy seergekry het? Daar was verskeie mense al op die roete en niemand het hom teëgekom nie. Ek het gedink hulle het al lankal my kind begin soek! Ek is mal van bekommernis, maar my hande is afgekap!”

Mense het vir haar gesê dat daar wel op sekere plekke selfoonopvangs is, maar haar seun se foon is sedert 18 Oktober af.

Sy is op 25 Oktober aangesê om ’n vermiste persoon saak te open, sodat daar na hom gesoek kan word.

“Eers sou daar op 28 Oktober, 10 dae nadat hy begin stap het, na hom begin soek word. Nou hoor ek dat hulle eers volgende Dinsdag, 2 November, na hom gaan soek. Ek weet nie meer wát om te doen nie. Nog mense het my laat weet dat hulle na hom sal gaan soek, maar ek het gehoor hulle het nog nie begin stap nie.”

Me. De Villiers pleit by enige persoon wat kan help met inligting of dalk op die staproete vir Johann teëgekom het, om haar te bel by 072 074 5394.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button