News

Twee mans probeer pylgewere verkoop na inbrake

Twee mans het kort nadat daar onder andere pylgewere tydens inbrake gesteel is, dit by ’n pandjieswinkel probeer verkwansel.

“Hulle het uit die staanspoor verdag gelyk en ek het vir hulle gesê ek dink nie dit is hulle pylgewere nie. Hulle het egter voet by stuk gehou dat dit hulle pylgewere is. Ek het egter geweier om dit te koop, omdat ek vermoed het dit is gesteelde artikels,” het mnr. Braam Lee (Middelburg Pandwinkel) Donderdag gesê.

Een van die mans wat ’n gesteelde pylgeweer probeer verkoop het.

Mnr. Franswa Arthur van Rooyen is net mooi keelvol, want die pylgewere wat die twee probeer verkoop het, is verlede Maandag deur die loop van die dag van sy boot af gesteel in De Villiersstraat.

’n Dag later is sy motorhuis oopgebreek en is duisende rande se tuingereedskap, asook ’n hoekslyper gesteel.

Die ander man wat die pylgewere by die pandjieswinkel probeer verkwansel het.

Woensdag deur die dag het die booswigte weer oor die muur geklim en ’n veiligheidsdeur probeer oopbreek.

Hy vra dat as enige persoon die twee persone herken op die foto, om hom te bel by 071 485 0790.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button