Blitsbesoek deur president van UIM
Die president van die UIM (United Independent Movement) was gister op 'n blitsbesoek in Middelburg.
“Ek kon nie glo wat ek sien nie! Die rou riool loop in jul dorp se strate af!”
Dr. Neil de Beer het hom ook sterk uitgespreek oor die groot hope vullis in Mhluzi en Middelburg se strate.
Sy plan was om die stakende munisipale werkers toe te spreek, maar met sy aankoms gistermiddag omstreeks 13:00 op die hoek van Walter Sisulu- en Proteastraat het hy opgemerk dat van die mense alkohol gebruik.
“Jy kan nie met mense praat as hulle besig is om te drink nie.”
Nadat hy deur die dorp se strate gery het, het hy en sy span mekaar ontmoet by Hennie’s, voor hy weer vertrek het
. Dr. De Beer het die afgelope paar dae meer as 6 000km gereis om dorpe soos Tswane, eMalahleni, Ermelo, Kriel en Middelburg en was geskok oor die verval in sekere dorpe. Hy het vanoggend na Kaapstad gevlieg.
“In 1994 het almal gesê: change the country, in 2024 gaan dit wees: save the country! Ons land het verandering nodig. Maar ons kan dit net doen as ons saamstaan. Die groot probleem in ons land is dat mense mekaar nie verstaan nie. Ons eenheid is in diversiteit.”