News
Kar rol kort nadat duimgooier opgelaai is
Een persoon is dood en een ernstig beseer in 'n ongeluk omstreeks 18:45 op die Bethalpad tussen die Middelburg Mall en die N4 afrit.

Na wat verneem word het die bestuurder van die VW Jetta kort voor die ongeluk ‘n duimgooier opgelaai en in die rigting van die dorp gery.
Minute later het die voertuig die pad verlaat en gerol. 
Die bestuurder van die Jetta het op die toneel gesterf en die duimgooier is per ambulans hospitaal toe geneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
