News

So word ons dorp verwoes

Stukkie vir stukkie is vandale besig om ons mooi dorp af te breek met erge vandalisme en sabotasie.

Noodgroepe en die polisie het vanoggend rondgery om kwaaddoeners te probeer vastrek.

Langs die Klein Olifantsrivier is een van die splinternuwe groot asblikke tot op die grond afgebrand. Met die joernalis se aankoms daar, het dit nog gesmeul.

Net ‘n entjie verder is ‘n pompstasie oopgebreek en die kabels uitgeruk. Daar is ook kabels tussen lamppale afgesny.

Die pompstasie se kabels wat uitgeruk is.

*Van Vrydag af was dit ‘n hartseer gesig om deur die dorp te ry.

Buiten vullis wat by die gewilde piekniekareas langs die Klein Olifantsriier ophoop, loop asblikke oral oor by besighede.

Inwoners in Proteastraat het moedeloos gewys hoe rou riool al vir drie dae uit ‘n pyp langs hul huis uit loop en dit nog nie herstel is nie.

“Wat het van ons dorp geword? Dit is so hartseer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button