News

Agttienjarige 50ste geregistreerde persoon wat nie kon stem

Die agttienjarige Tanica Welken is pas by Laerskool Kanonkop se stemlokaal weggewys.

Daar is vir haar gesê dat sy die 50ste persoon is wat vanoggend gesê het dat hulle onlangs geregistreer het by dié stemlokaal, maar dat hul name nie op die lys verskyn nie.

“Die boek waarin ons name geskryf is, is nou skielik weg!” het sy teleurgesteld gesê.

Dit sou die eerste keer gewees het wat sy sou stem en sy is baie hartseer dat sy nié haar kruisie kon trek nie.

•Mnr. en me. Gerhard en Ella Nell, asook mnr. en me. Johann en Mariaan Hough het dieselfde verhaal vanoggend vir www.mobserver.co.za vertel.

Lees ook: Mense het geregistreer, kan nie stem nie

Beide paartjies het gesê dat hul name in ’n boek geskryf is waar daar meer as 200 name was.

Vanoggend was daar net omtrent 10 name op die lys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button