News

Middelburg eersdaags sonder water as sabotasie voortduur

Terwyl daar inwoners is wat vir byna ’n week sonder water was, stroom water langs die N4 hoofweg af.

Gerrie Gerrits, eienaar van Pienaardam Ontspanningsoord, sê dat hy vermoed die water by die pyplyn uitstroom wat tussen Witbankdam en Pienaardam loop. Die pyplyn word as alternatiewe waterbron vir Middelburg beskou.

Mnr. Gerrits sê dat Pienaardam onlangs baie leeg was. Hy het toe gehoor dat hulle gaan poog om water van Witbankdam af te pomp.

Die water het egter nooit by Pienaardam uitgekom nie, maar langs die pad in die veld uitgeloop. Mnr. Gerrits het ‘n video van die water geneem.

Mnr. Gerrits het nog ’n video geneem waar water by ’n mangat langs ’n reservoir uitborrel.

Water stroom in ’n rivier lang die N4 af.

Daar is ook tans water wat by ’n mangat langs die munisipale magasyn uitborrel. Te danke aan die stink reuk van die water, is dit heel moontlik rioolwater. Die water stroom langs die pad af en beland in die Klein Olifantsrivier by die brug in Proteastraat tussen Middelburg en Mhluzi.

In Mhluzi is ’n klep die naweek oopgekap en water stroom ook die vlaktes in. Inwoners vrees dat die dorp met grootskaalse vandalisme wat aan die gang is, eersdaags met ’n reuse watertekort gaan sit.

Die water wat van die Witbankdam na Pienaardam gepomp is, het nooit sy eindbestemming bereik nie.

Terwyl al meer berigte ontvang word van sabotasie, word daar niks aan gedoen nie en munisipale werkers kampeer die laaste ses weke onder bome net voor Dennesig, terwyl hulle volle salaris betaal word.

Inwoners wat geen dienste ontvang nie, moet steeds vir hierdie dienste betaal.

Die munisipaliteit het nie op navrae gereageer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button