News

Nie op die kiesersrol nie? Vra vir die MEC7 lys

Daar is klagtes uit verskeie oorde dat kiesers by stempunte weggewys word omdat hulle name nie op die kiesersrol vir hul spesifieke wyke verskyn nie.

Talle kiesers het aan www.mobserver.co.za gesê dat hulle al jare by dieselfde stempunte stem, maar nou skielik nie op die kiesersrol verskyn nie.

Daar is egter ’n maklike manier om die probleem te omseil, sê die OVK se Elvis Ngcobo, wat bylas dat daar tot nou toe ook geen ernstige klagtes teen die regverdigheid van die verskiesing op eie bodem aangemeld is nie.

“Alles verloop tot dusver vreedsaam en volgens plan,” het hy oomblikke terug aan www.mobserver.co.za bevestig.

Mnr. Ngcobo sê dat kiesers met bewys van registrasie, wat nie op die kiesersrol verskyn nie, bloot vir MEC7 lyste by die stempunt moet vra, wat dan deur die OVK hersieningsbeampte bevestig sal word.

Die MEC7 lys bevat name van geregistreerde kiesers wat vir stemgeregtigheid geregistreer is na amptelike registrasieveldtogte, voordat die lys formeel gesluit het.

Die OVK het reeds ’n bestaande kiesersrol wat tydens registrasienaweke opgedateer is.

Met verskeie hofsake oor die verkiesings tydlyn, het die konstitusionele hof egter gesê dat ’n opvolg registrasie naweek gehou moes word. Die finale kiesersrol het egter toe nog nie gesluit nie, en registrasies na die amptelike registrasieveldtogte, verskyn op die MEC7 lys.

Kiesers op die MEC7 lys, sal dan toegelaat word om by hul tradisionele wyke te stem, ten spyte daarvan dat hul name nie op die kiesersrol verskyn nie. As die kiesers se naam nie op een van die twee verskyn nie, kan hulle steeds bewys van registrasie toon om op die MEC7 lys geplaas te word.

Hulle moet dan net ’n MEC7 vorm invul, met bewys van registrasie, wat dan deur die OVK hoofmoniteringsbeampte afgeteken sal word.

Die provinsiale OVK het intussen gesê dat daar wel probleme met die kiesersrol ondervind word, “maar dat die kwessie steeds onopgelos is”.

Intussen het politieke partye ook aangedui dat daar nog geen kommerwekkende voorvalle aangemeld is nie, sedert stembusse amptelik 07:00 vanmore geopen het.

Stempunte sal oop bly tot 21:00 wanneer die stempunte gesluit sal word, om die stemme te tel.

Die DA het gesê dat hy die kiesersrol dilemma fyn sal dophou en besware sal registreer waar kiesersol probleme ’n noemenswaardige uitwerking op die regeverdigheid van die uitslae kan hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button