News

Hele span spring in om boerboel uit sloot te red

Van ’n fietsryer tot die polisie en lede van die Gemeenskapspolisiëring en Dierebeskermingsvereniging het gister saamgewerk om ’n ou boerboel uit ’n sloot te red.

Mnr. Pieter Pretorius het omstreeks 16:30 in Leipoldtstraat (Gholfsig) afgery met sy fiets en “toevallig in die sloot ingekyk.”

Hy het dadelik die verbouereerde hond in die diep sloot gesien en mnr. Glynn le Roux (ondervoorsitter van die GPF, Sektor 3) laat weet.

Mnr. Le Roux het op die noodgroep vir hulp gevra en me. Juanita Groenewald het dadelik soontoe gejaag. Die DBV en polisie het ook reageer en hulp by die gat gaan aanbied.

Die boerboel wat gistermiddag (Maandag) in ’n sloot geval het en deur fietsryer Pieter Pretorius opgemerk is.

Me. Brenda Ferreira (administratiewe toesighouer, DBV) en mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, DBV komitee) het by die bewende hond in die gat geklim, hom in ’n hokkie gesit en na die DBV geneem.

Alhoewel dit ’n ou hond is, is hy goed versorg.

Die eienaars kan die DBV bel by 013 246 1201 om hom op te eis.

•Almal wat hulp aangebied het, word bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button