News

Talle stem nie oor probleme met registrasie

Talle mense het gister nie gestem nie, omdat hulle weggewys is oor registrasieprobleme.

Www.mobserver.co.za het aanvanklik klagtes gekry oor vier mense wat gemeld het dat hulle gaan registreer het om by Laerskool Kanonkop te gaan stem, maar gister weggewys is.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het deur die loop van die oggend gesê dat kiesers moet teruggaan na die stemlokale toe en vra vir die MEC7 lys.

Mnr. en me. Gerhard en Ella Nell, asook mnr. en me. Johan en Mariaan Hough is die oggend huistoe, maar nadat www.mobserver.co.za hulle laat weet het van dié lys, kon hulle gelukkig gaan stem.

“Ons het toe terug gegaan en die lys ingevul en gestem. Ook met ’n gesukkel, maar ons het ons kruisie getrek, baie dankie,” het me. Hough gesê.

“Baie dankie vir jul moeite! Ek en my vrou kon teruggaan en stem!” het mnr. Nell opgewonde gesê, nadat hy die berig gelees het oor die spesiale lys.

•Omstreeks 20:30 het ’n joernalis gaan inloer by Laerskool Kanonkop en daar is vir haar gesê dat omtrent 80 mense gisteroggend laat blyk het dat hulle daar geregistreer het, maar nie kon stem nie.

“’n Paar het teruggekom nadat die OVK gesê het dat hulle moet vra vir die MEC7-lys. Die ander het egter nooit teruggekom nie.”

Die klaers het gesê dat hul name per hand tydens registrasie in ’n boek geskryf is met omtrent 200 name, maar met hul aankoms was daar net ’n naamlys met 10 name op.

•By Hoërskool Kanonkop het amptenare gesê dat “alles vreedsaam” verloop het deur die dag, maar dat mense vies was omdat van hulle daar geregistreer was, maar op ander plekke moes gaan stem.

Wat hulle dronkslaan is dat daar mense uit een gesin in een huis, op verskillende plekke moes stem.

•Oud-Middelburger Corine de Jonge het gister die berig gelees oor die klagtes en sê presies dieselfde het in Johannesburg gebeur. Sy het by ’n stemlokaal daar gewerk en sê daar het baie min mense gestem.

“Daar is beslis groot fout! Sowat ’n derde van die mense wat wel kom stem het, moes skielik by ander stasies gaan stem. In sommige gevalle moes mense, wat al 50 jaar in dieselfde huis bly, op drie verskillende plekke gaan stem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button