News

Covid nagevolge eis dierbare suster Cindy

Cindy White (68), die vrou wat as suster vir jare by die Middelburg Hospitaal gewerk het, is gisteraand weens nagevolge van die Covid-19 virus oorlede.

Me. White was vir drie maande in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal.

Haar dogter, Charlene Smuts, sê haar moeder is op 28 Julie in die hospitaal opgeneem, omdat sy baie siek was weens die virus. Op 1 Augustus is sy na die intensiewe eenheid geskuif waar sy aan die asemhalingsmasjien gekoppel is.

Hulle kon haar aanvanklik net een keer per week sien, maar die afgelope tyd kon daar elke dag een persoon in die oggend by haar gaan inloer.

Gistermiddag het me. White se man, Whitey, by haar gaan kuier en later die aand is die familie laat weet dat hulle moet kom groet. Sy is kort voor 19:00 oorlede.

Mnr. White het ook die virus opgedoen toe sy vrou siek was en het hy behandeling by die Bambanani sentrum gekry.

Charlene het haar ma beskryf as “’n saggeaarde, omgeevrou met ’n groot hart wat haar laaste geld sou gee om ’n ander te help. Sy sou haarself laat kortkom net om te help.”

Me. White was tot met haar aftrede agt jaar gelede ’n suster by die Middelburg Hospitaal.

Sy word oorleef deur haar eggenoot, Whitey, kinders Charlene, Lizelle en Kareen en skoonseuns Gideons Smuts en Shaun Bekker.

•Daar is nog nie enige begrafnisreëlings getref nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button