News
Drie huise 29 uur sonder krag
Drie huise in Hibiscusstraat (Kanonkop, Middelburg, Mpumalanga) was vir 29 ure sonder krag weens kabels wat gesny is.
Rdl. Helda de Klerk sê “dit raak nou ’n groot probleem. Die gemeenskapspolisiëringsforum het gister begin skoonmaak onder die rondlopers in Kanonkop.”.
Lees ook: Vandalisme, sabotasie voor staker se voete gelê
Sy vermoed dat kabels gesteel of beskadig word tydens beurtkrag “wanneer hulle verseker weet wanneer dit afgaan en weer aankom! By die netbalbane is ook kabels gesteel!”
Lees ook: Dorp van die Jaar nou ’n reuse vullishoop
•Kontrakteurs het gister van 17:00 tot 20:00 gewerk om die fout op te spoor en die kabel wat die drie huise voer in Hibiscusstraat, reg te maak. Dit was duidelik afgesny.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!