News

DA Raadslede bedank Vallei

Met die DA wat die meeste stemme ontvang het vir Groblersdal en Marble Hall, bedank die DA raadslede graag die gemeenskap vir hul ondersteuning.

• Mnr. Flip Jacobs, Marble Hall:

“Aan die inwoners van Wyk 7, Marble Hall, in Ephraim Mogale munisipaliteit, wil ek ons Hemelse Vader bedank vir die krag en geduld wat hy aan my gegee tydens die lang en moeilike verkiesingsveldtog.

Baie dankie aan almal wat die warm son getrotseer het het om ’n kruisie te trek.

Baie dankie dat julle my weer vertrou om julle wyksraadslid te wees vir die volgende vyf jaar.

Ek stel myself weer beskikbaar om julle tot diens te wees met munisipale probleme en klagtes.

Daar is n hele paar kwelpunte in ons dorp wat ek wil aanspreek, en probeer om ’n verskil te maak.

My hooffokus sal wees op diensleweringskwessies binne die munispale raamwerk soos om belastings en heffings te verlaag, korrupsie te ontbloot, en skuldiges verantwoordelik te hou vir wandade.

Onwettige bouwerk sal ook aangepak word.

Geen klagte kan aandag geniet indien dit nie op skrif is met, ’n naam en ’n kontaknommer nie.

Stuur asseblief klagtes of voorstelle, met of sonder foto’s na WhattsApp ,Telegram, Messenger of per SMS by 076 026 5266, of per e-pos na mhward7@gmail.com.

Mnr. Willie Oosthuizen, Groblersdal:

Mnr. Willie Oosthuizen.

“Ek wil van die geleentheid gebruik maak om een en elke inwoner van Groblersdal te bedank wat kom stem het op Maandag, 1 November.

Veral diegene wat vir my as wykraadslid gestem het, en ook vir die plaaslike en distriksraad.

Die DA en ek het ’n volstrekte meerderheid behaal om Groblersdal, Wyk 13 te wen. Die feit dat ek die wykraadslid in die DA is, beteken egter nie dat ek net diegene sal dien wat net vir die DA gestem het nie.

Ek is Groblersdal se wykraadslid en derhalwe sal ek tot die beste van my vermoë, elke inwoner se belange op die hart dra, ongeag vir wie hy gestem het.

Baie dankie vir Karen, Mieke en Eben wat met die aanloop tot die verkiesing met my moes huishou.

Ek was nie altyd die maklikste persoon nie, maar julle het my altyd ondersteun.

Dankie vir elkeen wat my gebel, en boodskappe of e-pos gestuur het met gelukwense. Ek wil niemand uitsonder nie want ek gaan dalk iemand vergeet. Jy weet wie jy is. Dankie vir julle ondersteuning.

Wie ek egter moet uitsonder is my party agente wat tot in die vroeë oggendure Dinsdag, vir my by die stempunte gewerk het. Julle weet ook wie julle is. Soos ek reeds gesê het – “Julle is ysters”.

Nou vir die volgende vyf jaar se harde werk.

My selnommer is 0836276490. Bel my gerus as daar ’n pyp gebars het, of jy iets wil uitvind of rapporteer. Bel my selfs as jy net wil groet of gesels”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button