News

Polisie ondersoek man wat van brug af val se dood

Die moontlikheid dat die man wat van ’n brug op die N4 geval het dalk sy eie lewe wou neem, word nou ondersoek.

Kapt. Eddie Hall het vanoggend gesê dat hy navraag sal doen of daar ’n klagte was dat ’n kardeur oopgepluk is.

Videomateriaal van ’n man wat oor die OR Tambo brug (algemeen bekend as die Geduldbrug) se reëling klim, voordat hy op die besige N4 val, is oor die naweek gesirkuleer en ook talle kere vir www.mobserver.co.za gestuur.

In teenstelling met wat bronne teenoor www.mobserver.co.za beweer het, word daar nou vermoed dat die man selfmoord gepleeg het.

Die hoogs ontstellende video wys hoe ’n man oor die brug se reëling klim, hurk en dan met een arm van die brug af hang. Die geredigeerde video aan die onderkant van hierdie berig wys nie hoe hy val en deur ’n kar doodgery word nie.

Lees ook: Is man wat van brug val deel van roofbende?

Www.mobserver.co.za het vroeër berig dat daar bewerings was dat die man kort voor 12:00 die kardeur van ’n stilstaande motor in die verkeer oopgepluk het.

’n Ooggetuie het glo aangehardloop met ’n wapen om die slagoffer van wat moontlik ’n roof kon wees, te help.

“Geen klag met sulke feite is by die polisie gelê nie,” het kapt. Hall aan Helene Viljoen (regsverteenwoordiger van die Middelburg Observer) gesê.

Hy het bygevoeg dat getuies wat deur die polisie ondervra is, nie melding gemaak het van ’n roof nie.

Kapt. Hall het gesê dat die brug nie as ’n misdaad-gevaarsone uitgesonder word nie. Hy het lede van die publiek wat misdade wil aanmeld, versoek om dit te doen, deur die polisie te ontbied, of polisiekantoor toe te gaan.

•Kapt. Hall het voorts aangedui het dat die oorledene vir twee werkers sou gesê het dat hy ongelukkig was met sy lewe voordat hy oor die reëling geklim het. Die polisie ondersoek ’n selfdood/strafbare manslagsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button