Inbreker gooi gebreekte venster se glasstukke in asblik
Pas nadat ’n inbreker by ’n besigheid ingebreek het, het hy uitgeklouter by die plek waar hy die venster gebreek het en sowaar die glasstukke weggegooi.
Me. Whelma du Toit (eienaar, Point S) sê die booswig het omstreeks 04:10 die voorste venster, wat uitkyk op Cowen Ntulistraat gebreek. Hy het eers weggestap, maar daarna teruggekeer en deurgeklouter.
Op CCTV videomateriaal kan ’n mens sien hoe die dief reguit na die kasregister stap, maar dit is leeg. Hy krap daarna rond in die kantoor en gee dan weer pad.
Die alarmbesigheid was binne minute op die toneel, maar die booswig was reeds weg.

•Die inbreker het ’n denimbroek en baadjie gedra, met blou chirurgiese handskoene, ’n maroen masker (wat van die nek oor die neus trek), ’n donkerkleurige T-hemp en ’n kepsie.
•Wat almal dronkslaan, is die feit dat hy die glasstukke waar hy die venster gebreek het, opgetel en in ’n asblik gaan gooi het, voordat hy deur die gat geklim het.
