News

RSG se Monitor takel voortslepende munisipale staking

Die munisipale staking wat die dorp se infrastruktuur in mekaar laat tuimel, is Donderdagoggend onder die RSG radioprogram, Monitor, se soeklig.

Die program word van 06:30 tot 07:00 uitgesaai.

Onderhoude is onder andere gevoer met die woordvoerder van die stakers, Kgosi Makwati, Nicolette de Beer en daar is ook met ’n redaksielid van die Middelburg Observer .

Monitor sal ook ’n breedvoerige onderhoud met munisipale bestuurder, advokaat Bheki Khenisa, oor die voortslepende staking voer.

Intussen is dit duidelik dat die stakers al meer desperaat raak en inwoners op valse sosialemedia platforms, insluitende ’n vals Middelburg Observer Facebook-groep, opsweep om hulle te ondersteun, of verdere dienste onderbrekings soos water en elektrisiteit, in die gesig te staar.

Stakers wat terug gekeer het werk toe, word ook toenemend gedreig, en Maandag is twee verkeersbeamptes se huise met petrolbomme bestook, terwyl ’n brand ook by die huis van ’n brandweerman gestig is.

Die munisipaliteit het reeds ’n interdik teen die onwettige staking, wat tans sy derde maand ingaan, gekry.

Op van die sosialemediagroepe word daar ook valslik melding gemaak dat die Middelburg Observer deel van Media 24 is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button