News

Vooruitstrewende dorp in rommelhoop verander

Die VF Plus het 'n dringende skrywe gerig aan Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, waarin gevra word om dringend in te gryp in die toenemende humanitêre krisis en eskalerende geweld in Middelburg.

Munisipale amptenare in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullenshope, Rietkuil) staak sedert September oor onder meer die uitkontraktering van dienste en salarisverhogings.

Intussen het die situasie geëskaleer tot ‘n veiligheids- en humanitêre krisis. Stakende amptenare bestook verkeersbeamptes se huise met petrolbomme, vullis word nie verwyder nie, watertoevoer na inwoners word gesaboteer, kragkabels word beskadig en werkers wat opdaag vir werk word geïntimideer en gedreig.

Die VF Plus het ook ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien om die skending van menseregte in die munisipaliteit te ondersoek.

“Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat munisipale werkers die munisipaliteit en sy inwoners gyselaar hou deur die vernietiging van infrastruktuur, staats- en privaat eiendom, maar steeds hul volle salaris vir Oktober ontvang het.

“Daar moet nou daadwerklik opgetree word teen die onwettige optrede van munisipale amptenare wat die veiligheid van inwoners bedreig en die eens vooruitstrewende dorp in ‘n rommelhoop verander,” het Werner Weber VF Plus-LPW en provinsiale leier: Mpumalanga, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button