Honey en haar Hennie het nou ses ‘babas’
Eendag, nie te lank gelede nie, het Honey alleen rondgeloop op ’n besigheidsperseel, maar toe daag Hennie op...
Die verhaal van Hennie en Honey het by Enprotec (Environmental & Process Technologies) in Insimbistraat (Mineralia) begin.
’n Vriendelike hennetjie was een oggend voor die besigheid se deur en is Henprotec of Honey gedoop. Johan Janse van Rensburg, het gesien dat Honey baie eensaam is.
Hy het net kort tevore ’n spoggerige haantjie (wat sy oorsprong het by Bakkies Botha!) as geskenk gekry en het daar en dan besluit: sy Hennie sal mooi mooi kyk na Enprotec se Honey.
Soos die natuur nou maar is, het Honey kort daarna begin eiers lê.
Johan het voorgestel hulle vat die eiers en maak vir almal ontbyt, maar die werknemers het Honey se eiers saam met haar soos goud beskerm!
Die ‘paartjie’ loop die afgelope twee weke al kekkelend en kraaiend trots al om die gebou met hul ses kuikens.
•Meer foto’s en ’n video van Hennie en Honey kan gesien word by www.mobserver.co.za.
