News

Dissiplinêre verhoor afgehandel na vuiste by skool klap

Die dissiplinêre verhoor van ’n vyftienjarige HTS Middelburg leerling wat ’n ander seun met die vuis geslaan het, is afgehandel.

Mnr. Hoppie van Jaarsveld (hoof, HTS Middelburg) het gesê dat die verhoor afgehandel en ’n sanksie aan die skuldige oorhandig is.

“Die voorgeskrewe prosedures, soos deur die Departement van Onderwys verwag word, is gevolg,” het hy gesê.

Mnr. Van Jaarsveld het gesê dat hy geen verdere inligting oor die kwessie kan bekendmaak nie. Die dissiplinêre ondersoek het gevolg nadat ’n video van een seun wat ’n ander seun slaan met die vuis, soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het. Op die video kan ook gesien word hoe verskeie ander kinders video’s van die gebeure neem.

Die ma van die seun wat geslaan word, het eers twee weke nadat hy geslaan is, daarvan gehoor toe iemand vir haar die video gestuur het.

Lees ook: Vuishou by skool word ondersoek

Sy was erg omgekrap oor die gebeure en het aangedui dat sy ook ’n aanrandingsaak by die polisie geopen het. Die polisie het reeds ’n verklaring van haar seun geneem.

Sy was by die skool en hulle het vir haar dieselfde antwoord as vir die joernalis gegee. “Ek weet nie wat die uitspraak is nie en weet op hierdie stadium nie hoe ek moet voel nie. Die skool het vir my gesê dat hulle beslis vinniger sou opgetree het as hulle reg van die begin af geweet het wat gebeur het.”

Sy is dankbaar dat hulle dadelik stappe geneem en ’n ondersoek gedoen het.

•Mnr. Jasper Zwane (mediawoordvoerder, Departement van Onderwys) het bevestig dat hulle die video gesien het.

Hy het gesê dat hulle die voorval ten sterkste veroordeel en dat hulle gevra het dat die ondersoek vinnig afgehandel moet word, sodat die skuldiges vasgevat kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button