Andries stel 2022 dagboek bekend
Blaai jy deur die 2022 dagboek wat Andries du Preez saamgestel het, voel jy sommer geïnspireer om dinge in ’n ander perspektief te sien en foto’s daarvan te neem!

Spreker en modekenner Andries du Preez het vertel waarom hy dié dagboek gedoen het.
“Almal het ’n storie, ek vertel myne in ’n dagboek.”
Alles het begin verlede jaar toe hy weens die grendelstaat ’n groot teleurstelling beleef het.
’n Week voor hy Amerika toe sou vlieg om Suid-Afrika in die MMI (Magnificent Men Icons) kompetisie in Las Vegas te verteenwoordig, het die grendelstaat begin.
“Ek is geforseer om tuis te bly. Ek moes maar my tasse uitpak en het besef dat die lewe moet aangaan.” Tuis het dit vir hulle gevoel of alles stilstaan.
“Dit het my by die besef gebring dat jy as mens nie die hef in die hand het nie, maar ’n Groter Persoon is in beheer. Ek het altyd alles vooruit beplan, maar dit het my laat besef dat ’n mens elke dag moet leef asof dit jou laaste is. My hele siening oor die lewe het verander.”
Andries is nie net ’n modekenner, spreker, entrepeneur en bekende by liefdadigheidswerk nie. Hy het ook ’n passie vir musiek, teater en kunste.
Hyself het juis ’n paar jaar gelede sy Suid-Afrikaanse kleure in klopdans verwerf. Weens die feit dat hy nie een van sy passies daarbuite kon uitleef nie, het hy net daar besef hy moet begin “anders” dink oor dinge.
“Die dagboek is gebasseer op die lewe self. Dis anders, dit het die regte foto’s in…kunsstukke wat tydens die grendelstaat geneem is.”
Andries sê hy is soos ’n verkleurmannetjie en sy dié boek hoe kleurvol die lewe kan wees.
Hy en sy lewensmaat, Frans, het met gewone selfone begin foto’s neem om die donker van Covid-19 in te kleur.”
“Ons het unieke bewusmakingsdae daarin vervat, soos: Nasionale tuindag, Rooibosteedag, Olifantdag, Luiperddag, Wêreld Sjokoladedag.”
Elke maand in die dagboek het dan ook sy eie tema, om saam met die spesiale dae te val. Januarie fokus op rooibostee, want Rooibosteedag is in Januarie, April is dansmaand en Maart teatermaand.
Die Junie/Julie deel handel oor die Durban July. Andries vertel dat hy bevoorreg was om die Durban July se ontwerper van die jaar 2020/21 te wen.
Hy het ’n masker gemaak en aangetrek volgens die tema, waarna hulle die foto ingestuur het vir die kompetisie. Dit was vir hom ’n groot verrassing toe hulle hom laat weet dat hy gewen het.
“Ons elkeen moet glo dat dat mooi dinge kan gebeur, selfs in ’n tyd van chaos. In Covid het daar nog mooi dinge gebeur.”
•Andries sê die dagboek sal die ideale Kersgeskenk uitmaak en is teen R300 beskikbaar deur ’n WhatsApp te stuur na 072 248 9424 of ’n e-pos na Mokka24@gmail.com.

