Stem vir ons dorp se mooiste bruid
Middelburg se eie Chanè Venters, is een van die finaliste in die Oktobergroep van Beeld se Bruid van die Jaar kompetisie.
Die sperdatum vir stemme vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag om 12:00 nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het.
Chanè se foto het verlede Donderdag verskyn en Middelburgers moet onthou om so gou as moontlik (voor Vrydag 12:00) vir haar te stem.
Daar is drie maniere om te stem:
•Met proses een, waar daar per SMS gestem word (SMS tel as een stem), werk dit as volg. SMS: Bruide, Chanè Venters (Middelburg se bruid), Piet Pompies (jou naam en van), Middelburg (dorp waar jy woon), klitsgras3@gmail.com (jou e-posadres) na 35986.
•Met proses twee tel elke stem vyf punte:
Ekstra koerante vir stemme van ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Kleynhans aangekoop word (tanya.kleynhans@ media24.com). Beeld sal die koerante aan sy Beeld in Onderwys-skoleprojek skenk.
•Met proses drie, wat ook vyf punte tel, word jou gunsteling bruid (natuurlik Chanè) se foto uit die koerant geknip (slegs oorspronklike uitknipsels). Plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.
Stemme kan ook in ’n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Ontvangs, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.
