News

Dwelmverslaafdes spuit voor laerskoolkinders

Twee dwelmverslaafdes het pas heroïne voor laerskoolkinders gespuit!

Volgens ’n ooggetuie (wat anoniem wil bly) het die ouers en kinders in Strelitziastraat (Kanonkop, agter die melkery) net na 11:00 verby gestap nadat die kinders eksamen geskryf het.

“Daar het drie mans gesit. Twee van hulle het teen die muur van die melkery gesit/lê en skielik spuitnaalde uitgehaal en daar ten aanskoue van die ouers en kinders hulself gespuit. Hulle het glad nie omgegee dat almal hulle sien nie!”

Nadat van die mense hulle gekonfronteer het, het hulle doodluiters weggestap.

Dit gebeur al meer dat dwelmverslaafdes op die dorp oop en bloot in die straat voor die publiek spuit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button