News

Die dief wat haar as huishulp voordoen is terug met ou truuks

Daar was die afgelope week talle boodskappe om te waarsku dat die geslepe dief, wat haar as huishulp voordoen, Johanna Ngwenya, terug is met haar ou truuks.

•Mnr. Chris Reynierse sê Johanna, wat haarself Anna by hulle genoem het, het hulle “rot en kaal besteel!”

Sy het ses maande gelede by hulle gewerk in Proteastraat.

Een oggend het hy besluit om die swartsakke uit die Wheelie Bin te haal en sommer self te gaan weggooi. Sy skeersakkie was in ‘n swartsak weggesteek. “In die sakkie was my hele skeerstel met al sy kammetjies!”

Kort daarna het hulle agtergekom hul dogter se splinternuwe geel Raleigh fiets, waarop ‘McDonald’ staan, is weg.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/130559/wollie-by-berugte-huishulp-se-huis-gekry/

Hulle het gedink dit is al wat Johanna (wat nooit teruggekom het nie) gesteel het. ‘n Maand gelede het hulle besef hoeveel goed sy gesteel het.

Die gesin het ‘n paar houtkiste in die huis gehad met onder andere duur linne en komberse in, van dit splinternuut. “Toe ons die kiste oopmaak, was byna alles weg! Sy het duisende rande se linne gesteel in die tyd wat sy by ons gewerk het!”

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/130270/johanna-weer-van-diefstal-beskuldig/

•Chantal Dercksen sê Johanna het gedurende Oktober net twee dae by hulle in Frangipanistraat gewerk en toe verdwyn.

By haar het ‘n bottel kleingeld, wat hulle vir hul kind bymekaar gemaak het, weggeraak. Daar was sowat R300 se kleingeld in.

Sy het ook ‘n mussie en ‘n paar tekkies van me. Dercksen gesteel.

‘n Paar dae later het me. Dercksen haar in die straat gesien, “met my mussie op haar kop!” en haar gekonfronteer. Johanna het ontken dat dit me. Dercksen se mus is.

•Me. Sharon Ackerman was ook een van Johanna se slagoffers omtrent ‘n jaar gelede. Sy het van haar huis af gewerk in Helen Josephstraat en Johanna het gepleit vir werk.

“Sy het selfs aangebied om vir R50 te werk.”

Die eerste dag het Johanna netjies gewerk en die tweede dag het sy gevra of sy vensters kan was. Terwyl sy nog doenig was met die vensters, het sy skielik verdwyn.

‘n Paar minute later het me. Ackerman agtergekom die agterdeur staan oop. Sy het kamer toe gehardloop en gesien dat haar werkers se lone van R3 000 weg is, asook haar selfoon.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/55957/desperate-domestic-worker-accused-of-using-job-as-front-to-steal/

•Tydens vorige berigte is bevestig dat Ngwenya uit was op parool toe sy in 2016 gearresteer is. Sy het in die hof verskyn en is vrygelaat op borg, maar is weer in 2017 gearresteer, nadat sy versuim het om vir haar hofsaak op te daag.

Sy is weer vrygelaat op parool en het haar parool op 2 Januarie 2020 voltooi.

Daarna is sy in Junie 2020 weer tronk toe gestuur vir diefstal, maar was drie maande later weer uit op parool. Haar parool maak oor ‘n maand klaar.

By een van die huise waar sy gesteel het, is sy op CCTV videomateriaal vasgelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button